Man en verloofde erg aangerand in plaasaanval

ʼn Man en sy verloofde is Vrydagoggend erg aangerand deur drie mans op hul plaas buite Malmesbury in die Wes-Kaap.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê die 30-jarige man en sy 26-jarige verloofde is met ʼn byl en ʼn staalpyp aangerand. Hy sê drie mans het omstreeks 3:00 Vrydagoggend ‘n agterdeur van die huis oopgebreek en geld geëis van die man en sy verloofde. Van Wyk sê die man het ernstige beserings aan sy rug, bors, arms en bene opgedoen. Die vermeende inbrekers het met wyn en ʼn DVD-stelsel gevlug. Die vrou het die paniekknoppie gedruk waarna die veiligheidsmaatskappy en die polisie opgedaag het. Van Wyk sê die man en sy verloofde is in die hoofslaapkamer gevind. Hulle was ernstig beseer en vol bloed. Hulle is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

danadean ·

Hoekom word die onskuldig soos skuldigis behandel. As ek iemand met my kar om ry en sleep tot wie weet waar en dan tot stilstand kom gaan ek versker in die tronk sit. Niemand gaan eers teekeerdkn daaroor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.