Man en verminkte vrou dood in Hebron gevind

crime-scene-tape-320x214Die verminkte liggaam van ʼn vrou en die liggaam van ʼn man is in ʼn huis in Hebron in Noordwes gevind, het die polisie Donderdag gesê.

Volgens kol. Emelda Setlhako het die polisie Dinsdag ʼn roetinepatrollie in Rockville gedoen toe inwoners hulle aandag trek en hulle inlig dat ʼn man hom in sy huis opgehang het.

“Die polisie het gaan ondersoek instel en die liggaam van ʼn 35-jarige man in die huis se eetkamer aangetref. Hy het homself met ʼn draad opgehang,” het Setlhako gesê.

“Hulle het ook die verminkte liggaam van ‘n 38-jarige vrou gevind. Sy het in ʼn plas bloed op die kombuisvloer gelê.”

Die vrou se hande is met ʼn draad agter haar rug vasgebind. Sy het oop wonde aan haar nek gehad, en haar regtervoet en al die vingers aan haar linkerhand is afgesny.

ʼn Byl en ʼn slypmasjien met bloed aan is langs haar liggaam gevind.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ʼn geregtelike doodondersoek.”

Die name van die man en vrou is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Ek het in my lewe baie met die mense gewerk. Humor soos ons dit ken en geniet, verstaan hulle nie.Meeste word kwaad as jy met hom n grap maak.
By my kantoor in platteland het die skoolkinders elke dag daar verby gestap. Eendag hoor ek die remoer en gelag oorkant die pad en vra die Kleurlingman wat by my werk wat aangaan. Vra hy vir my of ek dan nog nie die mense ken nie.Hulle het n muis in die gras gewaar en hom met klippe bestook tot hy dood is. Dis nie die einde nie, Die larny moet nou kyk, hulle hou aan gooi tot die bloed en derms spat en dit laat hulle skater van die lag.

Jasper ·

Wat was fout met my kommentaar Maroela ? Ek het ware feite genoem en niemand beledig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.