Man en vrou gestenig

Die radikale Ansar Dine, wat in beheer van Timboektoe en groot dele van die noorde van Mali is, het bekend gemaak dat ‘n man en vrou Sondag weens ‘n buite-egtelike verhouding volgens die sharia gestenig is.

Die man en vrou, wat buite die nedersetting Aguelhok gewoon het, het glo twee kinders buite die eg verwek. Die jongste is ses maande oud.

Die paartjie is in sand begrawe sodat net hul koppe uitgesteek het, en toe doodgegooi. Die vrou het gou gesterf. Beide het na berig word voor hulle dood is steeds floutjies protesteer dat die kinders nie hul eie kinders is nie.

Daar was glo gedempte besware uit die skare, en van die inwoners het na die insident glo na Algerië gevlug.

Ansar Dine het onlangs die nuus gehaal oor antieke praalgrafte wat by Timboektoe vernietig is.

Tot dusver het die Ansar Dine hom in die toepassing van die sharia hoofsaaklik daartoe beperk om rokers en winkeliers wat hul ondernemings nie oor gebedsure sluit nie, te gésel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.