Man en vrou verkool na motor rol

Foto: ER24

ʼn Man en vrou het verkool nadat die motor waarin hulle gery het Maandag die pad verlaat en aan die brand geraak het naby Bronkhorstspruit.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê ʼn veeldoelige voertuig met ses insittendes het op die R25 sowat 10km van Bronkhorstspruit die pad verlaat nadat die bestuurder glo beheer verloor het. Die voertuig het gerol en in ʼn veld tot stilstand gekom voor dit aan die brand geraak het. ʼn Man en vrou, vermoedelik in hulle laat 40’s of vroeë 50’s, is op die toneel dood verklaar. Die ander vier passasiers, drie mans en een vrou, is beseer in die ongeluk en is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.