Man erg beseer ná mislukte kaping

ʼn 35-jarige man is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal na ʼn mislukte kaping waartydens hy ernstig aangerand is.

Volgens ER24 is die man in Hillcrest, KwaZulu-Natal gekaap. Paramedici het die man langs sy motor aan die kant van die pad gevind. Hy is ernstig aangerand. Die man is op die toneel behandel voor hy na die Hillcrest-hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die saak.

Intussen het RSG berig dat ʼn man na die Kimberley-hospitaal gehaas is na hy in Barkley-Wes in die Noord-Kaap gekaap is. Die man se hande en voete is glo vasgebind waarna hy vir langer as 20 uur in ʼn veld naby die dorp gelê het. Die 58-jarige man was halfnaak en erg ontwater.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.