ʼn Man het glo skuld beken op die moord van Anzunette du Plessis (33), wie se keel verlede Donderdag tydens ‘n beweerde rooftog afgesny is.
Maroela Media het Vrydag berig Du Plessis se liggaam is Donderdagmiddag by haar huis in Buchananweg in Claremont, Kaapstad, aangetref. Haar huishulp het op haar liggaam afgekom nadat sy met Du Plessis se tweejarige dogtertjie van ʼn nabygeleë park af teruggekeer het. Drie verdagtes is kort na die voorval in hegtenis geneem. Die verdagtes was in besit van ʼn skootrekenaar en televisiestel wat glo tydens die voorval gesteel is. Daar is ook bloedspatsels op hul klere gekry.
Die Cape Argus berig Moegamat Armien Salie (31), Warren van Rooyen (28) en Dudley Boesak (32) het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Salie het glo erken dat hy Du Plessis verskeie kere met ʼn mes gesteek en haar keel afgesny het. Hy het na bewering vroeër aan Du Plessis se dak gewerk en toegang tot haar huis verkry nadat hy terug gekeer het en vir haar gesê het hy kom die werk inspekteer.
Die mans moet weer Maandag in die hof verskyn. ʼn Vierde verdagte word nog in verband met die voorval gesoek.
Jammer Storie. Ek hoop hierdie clowns bly lank agter tralies.