Man erken glo dat hy vrou se keel afsny

ʼn Man het glo skuld beken op die moord van Anzunette du Plessis (33), wie se keel verlede Donderdag tydens ‘n beweerde rooftog afgesny is.

Maroela Media het Vrydag berig Du Plessis se liggaam is Donderdagmiddag by haar huis in Buchananweg in Claremont, Kaapstad, aangetref. Haar huishulp het op haar liggaam afgekom nadat sy met Du Plessis se tweejarige dogtertjie van ʼn nabygeleë park af teruggekeer het. Drie verdagtes is kort na die voorval in hegtenis geneem. Die verdagtes was in besit van ʼn skootrekenaar en televisiestel wat glo tydens die voorval gesteel is. Daar is ook bloedspatsels op hul klere gekry.

Die Cape Argus berig Moegamat Armien Salie (31), Warren van Rooyen (28) en Dudley Boesak (32) het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Salie het glo erken dat hy Du Plessis verskeie kere met ʼn mes gesteek en haar keel afgesny het. Hy het na bewering vroeër aan Du Plessis se dak gewerk en toegang tot haar huis verkry nadat hy terug gekeer het en vir haar gesê het hy kom die werk inspekteer.

Die mans moet weer Maandag in die hof verskyn. ʼn Vierde verdagte word nog in verband met die voorval gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.