Man erken hy het 7-jarige vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Dinsdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof erken dat hy sy voormalige minnares se sewejarige dogtertjie vermoor het.

Elias Mcwango (53) van Mosambiek het gesê hy het die kind uit woede vermoor nadat die ma langer as 12 dae van hom weggebly het. Hy het getuig dat hy onder die invloed van alkohol was.

Mcwango het aan regter Fikilie Makgohloa erken dat hy die kind se liggaam op 22 September naby Vryheid begrawe het.

Die liggaam is nooit opgespoor nie, ondanks soektogte deur die polisie.

Toe Mcwango na Mosambiek teruggekeer het, het hy in ʼn telefoongesprek aan sy voormalige minnares, Tholi Dlamini, gesê hy sal Vryheid toe kom om te wys waar hy die kind begrawe het. Dlamini het die polisie gekontak en Mcwango is gevolglik op 22 November in Johannesburg in hegtenis geneem.

Hy is Dinsdag ná sy skulderkenning skuldig bevind en hy sal Donderdag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.