ʼn Man van Johannesburg, wat Sondag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn 32-jarige vrou probeer verkrag het, het in aanhouding glo aan die polisie erken dat hy sy 22-jarige meisie doodgeslaan het.
“ʼn 32-jarige vrou het Sondag ʼn klagte van poging tot verkragting teen die man aanhangig gemaak,” het ao. Kay Makhubela, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, gesê. “Die man is Maandag in die vroeë oggendure by sy huis in Moletsane in Soweto in hegtenis geneem.”
Volgens Makhubela het die verdagte in aanhouding aan die polisie bely hy het sy meisie by die huis doodgeslaan. Polisiebeamptes het gaan ondersoek instel en die vrou se liggaam op die vloer aangetref. – SAPA