Man erken hy slaan meisie dood

crime-scene-tapeʼn Man van Johannesburg, wat Sondag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn 32-jarige vrou probeer verkrag het, het in aanhouding glo aan die polisie erken dat hy sy 22-jarige meisie doodgeslaan het.

“ʼn 32-jarige vrou het Sondag ʼn klagte van poging tot verkragting teen die man aanhangig gemaak,” het ao. Kay Makhubela, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, gesê. “Die man is Maandag in die vroeë oggendure by sy huis in Moletsane in Soweto in hegtenis geneem.”

Volgens Makhubela het die verdagte in aanhouding aan die polisie bely hy het sy meisie by die huis doodgeslaan. Polisiebeamptes het gaan ondersoek instel en die vrou se liggaam op die vloer aangetref. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.