Bulelani Jula (23) het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg erken dat hy ʼn sewejarige meisie verwurg het terwyl hy haar verkrag het.
Jula het erken dat hy die meisie op 11 Junie vermoor het. Hy het ook erken dat hy nog ʼn vrou verkrag het. Waarnemende regter Thoba Poya-Dlwati het Jula skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting en een van moord. Jula sal na verwagting Woensdag gevonnis word. In ʼn verklaring wat namens Jula in die hof voorgelees is, sê Jula hy het die meisie en twee jonger meisies sien speel. “Ek het vir hulle vetkoek gegee en die sewejarige meisie na ʼn woud gelok,” het hy in die verklaring gesê. “Ek het haar beveel om haar klere uit te trek maar sy het begin huil. Ek het haar aan die keel gegryp om haar gehuil te probeer keer. Ek het haar verkrag en toe ek klaar was, het ek gesien sy haal nie meer asem nie. Ek het afgelei sy is dood en het gevlug.” Jula het ook erken dat hy ʼn vrou na haar huis agtervolg en verkrag het. Hy het gevlug toe hy gehoor het haar man kom by die huis.
baie tragies !!