Man ernstig beseer in motorfietsongeluk

Foto: ER24

ʼn 21-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy met sy motorfiets in ʼn ongeluk was in Benoni aan die Oos-Rand.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die man het glo met sy motorfiets in Cranbourneweg gery toe dit teen ʼn bakkie gebots het. Die motorfiets het links voor teen die bakkie gebots wat tot gevolg gehad het dat die man van sy motorfiets geslinger is. Die man het sy been op verskeie plekke gebreek sowel as sy heup. Hy het ook kopbeserings en moontlike inwendige beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voor hy met ʼn helikopter na die hospitaal vervoer is. Die bestuurder van die bakkie is lig beseer. Dit is nog nie duidelik wie die ongeluk veroorsaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.