Man ernstig beseer in vliegongeluk

ʼn Man van Port Elizabeth is ernstig beseer toe hy Woensdagaand met sy Aquilla-mikrovliegtuig op ʼn plaas in Uitenhage in die Oos-Kaap neergestort het.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Gerda Swart, sê die 55-jarige Frans Griesel het glo in kragdrade vasgevlieg. Die eienaar van die plaas het glo gesien wat gebeur het en Griesel te hulp gesnel. Griesel is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die Life St. George’s hospitaal opgeneem. Swart sê die burgerlugvaartowerheid ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.