ʼn Man is ernstig beseer na sy ligte vliegtuig Dinsdagaand naby ʼn begraafplaas in Brackendowns in Alberton aan die Oos-Rand neergestort het.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die man in sy 30’s is op die toneel behandel voor hy na die Netcare Union-hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie en die polisie ondersoek die saak.