Man ernstig beseer ná betonblok op hom val

ʼn Man is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat ʼn groot betonblok Dinsdagmiddag by ʼn konstruksiewerf in Pretoria op hom geval het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het in Mountain View plaasgevind. “Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die departement van arbeid het ʼn ondersoek van stapel gestuur,” het sy gesê.

Paramedici het die man in erge pyn en met veelvuldige beserings op die grond aangetref. “Die man is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare Akasia-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.