WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig mag sensitiewe lesers ontstel
ʼn Werker is Dinsdagmiddag ernstig beseer ná ʼn baalmasjien hom opgeraap het.
Santie Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het sowat 16km buite Rustenburg plaasgevind. “Die masjien het die man in die meganismes ingetrek en hom vasgepen. Dit het paramedici en die brandweer meer as twee ure geneem om hom te bevry en te behandel,” het Steinmann gesê.
Die man is in ʼn ernstige toestand met ʼn ambulans na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling. Dit is in die stadium nie seker hoe die man onder die masjien beland het nie.
Dit sal altyd ‘n raaisel bly?
Hoe is dit moontlik dat hy daarin kon beland?
Dis ‘n masjien met bewegende dele wat ontwerp is om iets wat daaraan vashaak, in te trek. Waarom is dit vreemd om in te dink dat iemand in ‘n oomblik van onnadenkendheid dalk sy hand of hempsmou te naby aan een van die bewegende dele gebring het, en toe ingetrek is?