Man ernstig beseer na mikrovliegtuig neerstort

Foto: Netcare911

ʼn Man is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal nadat sy mikrovliegtuig Woensdagmiddag naby Bronkhorstspruitdam neergestort het.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die oorsaak van die ongeluk is onbekend en sal deur die burgerlugvaartowerheid ondersoek word. Wicks sê die vlieënier was die enigste insittende in die mikrovliegtuig en is kort na die ongeluk deur omstanders uit die wrak gehaal. Hy het beserings aan sy bolyf opgedoen en is op die toneel behandel voor hy na die Pretoria-Oos hospitaal is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.