Man ernstig beseer na motor boom tref

Foto: ER24

ʼn Man is ernstig beseer na sy motor teen ʼn boom gebots het in Meyerton in die Vaaldriehoek.

ʼn Woordvoerder van ER24, Werner Vermaak, sê die bestuurder, glo in sy 30’s, het glo beheer verloor oor sy motor voor hy teen ʼn boom gebots het. Vermaak sê die bestuurder was in die motor vasgekeer en moes met meganiese toerusting uit die wrak bevry word. Die man het verskeie beserings waaronder ernstige kop- en borsbeserings opgedoen. Hy is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.