Man ernstig beseer na motor koei tref

Foto: ER24

ʼn Man is ernstig beseer nadat hy Vrydagaand teen ʼn koei vasgery het op die R53 buite Potchefstroom in Noordwes.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê paramedici het ʼn swanger vrou na die hospitaal vervoer toe hulle omstreeks 21:00 Vrydagaand die koei in die pad sien lê het. Paramedici het by verdere ondersoek die motor in die veld langs die pad gevind. Banks sê die motor se dak is afgeruk. Die man moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Banks sê die man werk glo vir die departement van korrektiewe dienste. Die man is na die Potchefstroom Medikliniek geneem met ernstige kop- en borsbeserings. Die koei is dood weens die impak met die motor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Monica Roos ·

My eks man en oudste seun toe 12 is in 2003 op Vryburg- Schweizer Reinecke pad ook oorlede agv rondloper dragtige koei. Kan ons nie iets ivm die eienaars doen wat verantwoordelik moet wees vir hulle diere en dan net skouers optrek nie? Agerna was daar op omtrent dieselfde plek weereens ongelukke en sterftes om die selfde redes. Regte ek. boer self en sorg my lyndrade is reg en op standaard en dat my hekke toe is. Ek weet ook ten alle tye waar my diere is en dat hulle veilig is. Doen tog iets aan die probleem.

Ebert ·

My innige simpatie met jou verlies Monica.

Ek kan nie dink dat enige kommersiële boer, wat ook skade ly wanneer sy lewende hawe doodgery word, onverskillig teenoor hierdie aangeleentheid staan nie.

My ervaring is dat die diefstal van heinings langs paaie, veral naby plakkerskampe, en die gebruik om padreserves daar vir weiding te benut, meestal bydra tot die gevalle waar diere sonder toesig op die land se paaie beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.