Man ernstig beseer ná ontploffing by huis

Foto: ER24

ʼn 31-jarige man is ernstig beseer tydens ʼn ontploffing by sy huis in Helderkruin in Roodepoort aan die Wes-Rand.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die man was alleen in sy slaapkamer ten tyde van die ontploffing. Jackson sê die man het erge brandwonde aan sy gesig, arms, bors en bene opgedoen. Sy sê die man is op die eerste vloer van die huis gevind en is op die toneel gestabiliseer voor hy per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Jackson sê dit is nie duidelik wat die ontploffing veroorsaak het nie. Die man se vriendin en twee kinders was nie by die huis ten tyde van die voorval nie. Volgens die man se bure het hulle die ontploffing gevoel en het dit hulle huise geskud. Die nodige owerheid ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.