Man ernstig beseer in skeepsongeluk

ambulansʼn Werker is laat Maandagaand beseer nadat hy in die romp van ʼn skip in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, geval het.

“Die man het vermoedelik gegly en ses meter ver geval. Hy het ernstige beserings opgedoen,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, Dinsdag gesê.

“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het hulle die man op die vloer van die romp aangetref. Hulle het hom op die toneel stabiliseer en op ʼn spesiale draagbaar en ʼn hyskraan na die oppervlak gehys, vanwaar hy in ʼn ernstige toestand met ʼn ambulans na ‘n plaaslike hospitaal geneem is,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.