Man ernstig beseer tydens valskermongeluk

ʼn Man is Sondagoggend ernstig beseer tydens ʼn valskermongeluk naby Hartbeespoortdam in Noordwes.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die man se valskerm het aan ‘n klipkop verstrengel geraak. Reddingspersoneel het met ‘n soektog begin vir die man, en hom gevind waar hy onderstebo aan die valskerm gehang het. ʼn Helikopter kon sowat 200m van die toneel land. Die man was in ʼn kritieke toestand nadat hy ernstige kop- en rugbeserings opgedoen het. Hy is op ʼn ventilator en draagbaar geplaas voor hy per helikopter na die Netcare Union-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.