Man gee homself drie maande ná moord oor

Die liggaam van ʼn man wat in ʼn vlak graf by ʼn huis in Riversdale, Ermelo, opgespoor is, gaan Vrydag deur die polisie opgegrawe word.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder van Mpumalanga, sê die oorskot is gevind nadat ʼn 26-jarige man homself Donderdag aan die polisie oorgegee het. Hy het aan die polisie gesê hy het die man in April vermoor en agter sy huis begrawe.

“Die polisie is saam met die verdagte na die toneel. Hy het aan die polisie uitgewys waar hy die slagoffer begrawe het,” het Hltahi gesê.

Die polisiebeamptes het in die omgewing begin grawe en binne ʼn uur op die slagoffer se liggaam afgekom. Inwoners in die omgewing het gesê die liggaam is moontlik dié van ʼn vriend van die verdagte. Die inwoners was onder die indruk dat die vriend na KwaZulu-Natal teruggekeer het.

Die man is in hegtenis geneem en moet binnekort in die Ermelo-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg Net ·

Willy is daar probleme met Praag se webtuiste? Ek kom nie daar in nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.