Man gemartel en vermoor

Barry Newland. Foto: www.looklocal.co.za

Barry Newland (56) is met ʼn strykyster gebrand voor hy met ʼn plastieksak versmoor is in sy huis in Cloverdene, Benoni.

LookLocal berig die huis waarin Newland gewoon het, was die huis waarin die Oscar-wenner Charlize Theron destyds gewoon het. Newland, wat tweedehandse motors verkoop het, se liggaam is Vrydag in ʼn badkamer in die huis gevind. Hy was vasgebind en daar was ʼn plastieksak oor sy kop. Volgens die polisie het vyf mans toegang tot die huis verkry deur hulself as potensiële kopers van een van Newland se motors voor te doen. Die huiswerker en tuinwerker is in die huis vasgebind. Newland is deur die vyf mans oorval toe hy by die huis aangekom het. Die mans het Newland vasgebind, gemartel en met ʼn strykyster en sigarette gebrand. Tryna Wolmarans, ʼn polisiewoordvoerder, sê twee selfone, ʼn skootrekenaar, twee kameras, ʼn goue hangertjie en kontant is uit die huis gesteel. “Newland is deur paramedici op die toneel dood verklaar weens versmoring.” Newland word oorleef deur sy drie seuns Mark, Jason en Richard, sy eksvrou Michelle en sy vriendin Joy Prest.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Clifford ·

My seun was in dieselfde omstandighede. Ek gee my innige meegevoel aan sy naasbestaandes.

Die ontspanne vakansie-atmosfeer in Voëlklip is Saterdag onderbreek toe ’n 21-jarige inwoner tydens ’n twis doodgeskiet is.

George Clarkson van Kwaaiwater is in die gesig geskiet en noodlottig gewond nadat Hendrik Kriel (51) na bewering gewapen by die huis in 11de straat opgedaag het.

Luidens ’n polisieverklaring was Kriel onder meer gewapen met ’n pistool, haelgeweer, bofbalkolf en ’n swaard.

“Die oorledene en sy vriendin, wat voorheen glo ’n verhouding met Kriel gehad het, het saam met twee vriende gekuier toe die verdagte hulle verrras het. Hy het die sak met wapens neergesit en gesê hulle gaan nou partytjie hou,” lui die verklaring.

Kriel, wat kort ná die voorval in hegtenis geneem is, het Dinsdag in die Hermanus-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Luidens die polisieverklaring het Kriel in ’n stadium aggressief geraak en die een meisie met die kolf in die gesig geslaan.

Harold Engelbrecht, staatsaanklaer, het in die hof aangevoer Kriel het glo gesê: “Vandag suip ons, en dan k@k julle.”

Engelbrecht het betoog Kriel het glo vir Kobus Pretorius, een van die vriende wat daar gekuier het, gevra om ’n botteloopmaker in die kombuis te gaan haal.

Terwyl Pretorius in die kombuis was, het hy ’n skoot gehoor. ’n Tweede skoot is ook afgevuur toe Clarkson glo probeer het om Kriel te kalmeer. Dié koeël het Clarkson in die gesig getref.

“Pretorius het probeer om Kriel te keer en is met die swaard in die maag gesteek,” het Engelbrecht gesê.

Volgens hom kon Pretorius, ondanks die feit dat hy gewond was, daarin slaag om Kriel met die kolf van die haelgeweer te slaan.

Die twee meisies wat daar was, het van die geleentheid gebruik gemaak om te vlug.

Volgens ’n bron het Kriel ook ’n sak vol menslike ontlasting in sy toksak gehad. Hy het na bewering gesê mense het hom vergiftig en dít is die bewyse.

Kriel se prokureur, Adrian Louw, het versoek dat hy vir psigiatriese waarneming verwys word. “Kriel se tweelingbroer is van mening dat hy skisofreniese afwykings toon en dat hy opgeneem moet word. Hy het gedink dit is die einde van die wêreld,” het Louw gesê. Landdros Preggy Govender het nie die versoek toegestaan nie. Louw het hierna gesê dat Kriel moontlik skedelbreuk opgedoen het en vir behandeling in die hospitaal opgeneem moet word.

Govender het ook nie dié versoek toegestaan nie en die saak is tot 13 Desember uitgestel.

2de Berig Hermanus Times:

News / ‘Forgiveness towards murderer not an option’‘FORGIVENESS TOWARDS MURDERER NOT AN OPTION’ -By Janine van der Riet – 2011-12-08 01:00

George Clarkson was murdered on Saturday in a house in Voëlklip. “I will never, ever forgive him!” Clifford Clarkson said after his son was brutally murdered in his girlfriend’s home in Voëlklip on Saturday.

Clarkson, owner of a security company and a qualified pastor, said his only child, George (21) who worked for him as assistant manager, still had so many dreams.

“He wanted to become a professional hunter as he loved to hunt since he was a little boy. Now, George’s two-year-old daughter who lives in Botswana with her mother, will never be able to get to know her father. And we will have to grow old without our son. It is painful.”

George went to Hermanus High School and was well known to many in town. He was killed in front of his girlfriend Estie with whom he had been going out for just over a month.

George’s mother, Zeldra is heartbroken. “When he was born, I held him and felt his first breath. Now, 21 years later, sitting at his hospital bed, I held him in my arms again, while he took his last breath…”

The telephone has not stopped ringing. The many people who have visited the family and the overall support from the community has been overwhelming for them.

The family of Hendrik Kriel, the accused in the murder case, also went to see Clifford and Zeldra.

Clifford said he feels very sorry for the family and what they have to go through. It is not their fault that his son is dead, he said. “But forgiveness towards the man that murdered my only child? Never.”

Zeldra had the difficult task of identifying her son’s body at the morgue.

“Clifford just did not have the courage to do it. It was horrible.

“They could not even make him look a bit better as his body still had to go for an autopsy.”

George will be laid to rest on Friday, 16 December at the Christ Church (opposite Hermanus High School) at 13:30.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.