Man gered uit kloof

Foto: Netcare911

ʼn Man is gered uit ʼn kloof in KwaZulu-Natal nadat hy sowat 60 m ver geval het.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die man se vrou het hom Sondagoggend as vermis aangegee waarna hy deur middel van sy selfoonsein opgespoor is. Die polisie se reddingspan en paramedici is na die toneel ontbied. “Twee brandbestryders het na die man geroep en het ʼn flou roep aan die kant van die kloof gehoor.” Banks sê reddingswerkers is afgesak tot by die erg beseerde man. “Hy het verskeie gebreekte bene opgedoen sowel as bors-, nek- en rugbeserings. Hy was in ʼn ernstige maar stabiele toestand en is op die toneel gestabiliseer voor hy per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.” Banks sê die man was glo op ʼn uitkykpunt toe hy sy balans verloor het weens die sterk wind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.