Man geskiet, aan die brand gesteek

vuurvlam-320x240‘n 33-jarige man is geskiet voor hy aan die brand gesteek is in Umlazi in Durban, KwaZulu-Natal.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die oorledene is Vrydagaand by sy huis deur twee mans aangeval. “Die motief vir die moord is in die stadium nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.” Volgens ‘n ooggetuie het hulle die man hoor huil. “Die huis was aan die brand. Ons kon niks doen nie.” Die vrou sê sy het geweerskote gehoor maar nie die verdagtes gesien nie. “Die man het probeer ontsnap. Sy liggaam is naby die deur gevind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.