Man geskiet terwyl hy seun beskerm

ʼn Man is Sondagoggend in Boksburg aan die Oos-Rand geskiet terwyl hy seun probeer beskerm het van drie gewapende mans.

Volgens paramedici van ER24 het die man saam met sy 10-jarige seuntjie na ʼn dam naby hul huis geloop om te gaan visvang. Drie mans het hulle glo skielik genader en ʼn vuurwapen op hulle gerig. Die man het aan paramedici verduidelik dat hy sy seun probeer beskerm het en in die proses in die skouer geskiet is. Die man is in ʼn stabiele toestand en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. ʼn Traumaberader is vir die man en sy gesin gereël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.