Man gestenig na hy glo moor

ʼn Man wat na bewering sy vriendin vermoor het, is deur woedende gemeenskapslede met klippe doodgegooi.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Saterdag in Lomanyaneng naby Mahikeng in Noordwes plaasgevind. Makau sê die man het sy vriendin glo Saterdagoggend verskei kere met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek. Sy is op die toneel dood. Die man het glo weggehardloop waarna ontstoke gemeenskapslede hom agterna gesit het. Die gemeenskapslede het hom gevang en teruggebring na waar hy glo sy vriendin doodgemaak het waarna hulle hom met klippe doodgegooi het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.