ʼn Man is met klippe dood gegooi nadat hy glo probeer het om ʼn vrou van die Oos-Rand te beroof.
Volgens kaptein Tlou Seloane, ʼn woordvoerder van die polisie, wou die vrou in ʼn taxi in Katlehong klim toe die man glo probeer het om haar handsak te gryp. Sy het verset en is met ʼn skerp voorwerp gesteek. Die vrou het begin skreeu en bystaanders om hulp gevra waarop die verdagte gestenig is. Die vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek die voorval.