Man gevang met 282 kg dagga

ʼn Man is in Welkom in hegtenis geneem nadat 282 kg dagga in sy motor opgespoor is, het die Vrystaatse polisie Donderdag gesê.

Polisie het die 37-jarige man se voertuig Dinsdagoggend omstreeks 07:00 deursoek, het kaptein Stephen Thakeng gesê. “Polisiebeamptes het 282 kg dagga ter waarde van ongeveer R375 000 in die kattebak van die voertuig opgespoor.” Die man sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Senekal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.