Man gevang met olifanttand

ʼn Man wat onwettig in besit was van ʼn olifanttand, is Saterdag in Delareyville gearresteer.

Volgens brigadier Thulani Ngubane van die Noordwes-polisie het hulle die naweek inligting ontvang wat hulle in staat gestel het om die 42-jarige man aan te keer. Volgens die man het hy die olifanttand op ʼn vullishoop in Rustenburg gevind.

Die man sal na verwagting Maandag in die Delareyville landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.