Man gevang wat glo vuurwapen op rokende, swanger vrou rig

Argieffoto

‘n Man van Washington, Amerika, is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n vuurwapen op ‘n swanger vrou wat gerook het, gerig het.

Mark Young, woordvoerder van die polisie in Bellingham, het gesê Justin Dain Palmer (24) het glo Woensdag met sy bakkie van die pad afgetrek om op die swanger vrou te skree. Die vrou het glo op die sypaadjie staan en rook toe Palmer vir haar skree, “Wie rook wanneer hulle swanger is?” Die vrou het geantwoord, “Ek.”

Die polisie het Palmer ‘n kort rukkie daarna afgetrek. Volgens Young het Palmer erken dat hy die vrou konfronteer het, maar ontken dat hy ‘n vuurwapen op haar gerig het. Volgens die polisie het hulle twee semioutomatiese .45-vuurwapens in sy besit gevind.

Palmer is in hegtenis geneem op die bewering dat hy ‘n vuurwapen op die vrou gerig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.