Mark Young, woordvoerder van die polisie in Bellingham, het gesê Justin Dain Palmer (24) het glo Woensdag met sy bakkie van die pad afgetrek om op die swanger vrou te skree. Die vrou het glo op die sypaadjie staan en rook toe Palmer vir haar skree, “Wie rook wanneer hulle swanger is?” Die vrou het geantwoord, “Ek.”
Die polisie het Palmer ‘n kort rukkie daarna afgetrek. Volgens Young het Palmer erken dat hy die vrou konfronteer het, maar ontken dat hy ‘n vuurwapen op haar gerig het. Volgens die polisie het hulle twee semioutomatiese .45-vuurwapens in sy besit gevind.
Palmer is in hegtenis geneem op die bewering dat hy ‘n vuurwapen op die vrou gerig het.