Man gevang wat polisiebeampte probeer omkoop

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn metropolisiebeampte op die N1 naby Lynnwood wou omkoop, het Tshwane metropolisie Maandag gesê.

Woordvoerder Console Tleane het gesê die 30-jarige man is Maandagoggend afgetrek omdat sy voertuig nie ʼn voorste nommerplaat gehad het nie. “Selfs voordat die beampte ʼn boete kon uitskryf, het die bestuurder probeer om ʼn R100-noot vir die beampte te gee.” Die man is in hegtenis geneem en na die polisiestasie in Garsfontein geneem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.