ʼn 23-jarige man wat ʼn tienermeisie ʼn hele aand lank herhaaldelik verkrag het, is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.
Kapt. Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het gesê die skuldige, Mncedi Quqani, het op 18 Desember 2010 die 17-jarige meisie verkrag.
“Quqani het die meisie aangeval en gegryp terwyl sy saam met vriende in Willowvale was. Hy het haar na sy huis in Centane geneem waar hy haar herhaaldelik deur die aand lank verkrag het,” het Manatha gesê. Hy het haar die volgende oggend vrygelaat, waarna sy die polisie ontbied het. Hy is in hegtenis geneem en in die Willowvale-landdroshof skuldig bevind op ʼn aanklag van verkragting.
Volgens Manatha is die vonnis ʼn streng waarskuwing aan almal wat hulle aan seksuele misdrywe skuldig maak, dat hulle met die gereg te doen sal kry.
15 jaar ??? Stuur die “ding” Poolsmoore toe, hy sal daar n gepaste vonnis kry, Vigs.
Die man sal maximum 5jaar sit. Hulle moet glad nie dat hulle vroeer as hul vonnis uitkom nie.
Vas vat hulle moet onder die grond in ou myn tonnels gegooi word sodat hulle nooit weer sonlig sien nie. Dis barbare