Man gevonnis ná tienerverkragting

tronkhande1-320x191ʼn 23-jarige man wat ʼn tienermeisie ʼn hele aand lank herhaaldelik verkrag het, is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Kapt. Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het gesê die skuldige, Mncedi Quqani, het op 18 Desember 2010 die 17-jarige meisie verkrag.

“Quqani het die meisie aangeval en gegryp terwyl sy saam met vriende in Willowvale was. Hy het haar na sy huis in Centane geneem waar hy haar herhaaldelik deur die aand lank verkrag het,” het Manatha gesê. Hy het haar die volgende oggend vrygelaat, waarna sy die polisie ontbied het. Hy is in hegtenis geneem en in die Willowvale-landdroshof skuldig bevind op ʼn aanklag van verkragting.

Volgens Manatha is die vonnis ʼn streng waarskuwing aan almal wat hulle aan seksuele misdrywe skuldig maak, dat hulle met die gereg te doen sal kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vas Vat ·

15 jaar ??? Stuur die “ding” Poolsmoore toe, hy sal daar n gepaste vonnis kry, Vigs.

wragtig ·

Vas vat hulle moet onder die grond in ou myn tonnels gegooi word sodat hulle nooit weer sonlig sien nie. Dis barbare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.