Man gevonnis vir begraafplaas-moord

Argieffoto

‘n Man van KwaZulu-Natal is Dinsdag 25 jaar tronkstraf opgelê nadat hy sy tannie by haar man se begrafnis doodgeskiet en ‘n omstander beseer het.

Die Pietermaritzburg-hooggeregshof het Lungisi Mdluli (38) skuldig bevind aan die moord van sy tannie, Buyi Joyce Radebe, tydens haar man se begrafnis in Februarie. Mdluli het skuldig gepleit en gesê daar was onmin tussen hom en sy tannie of haar man, Ngobile Radebe, in Johannesburg of Newcastle begrawe moet word. Mdluli beweer Buyi Radebe het gedreig om huurmoordenaars te kry om hom dood te maak. Hy het tydens die begrafnis gesien hoe sy met twee gewapende mans praat en vermoed dat hulle moontlik die huurmoordenaars kon wees.

Hy het agter haar gaan staan en begin skiet. Sy is doode n ‘n omstander is beseer. Hy het aan die hof gesê hy het hierna probeer selfmoord pleeg, maar nie geslaag nie, aangesien roubeklaers opgedaag het.

Regter Achmat Jappie het Mdluli skuldig bevind aan moord en poging tot moord. Jappie sê alhoewel Mdluli deur vrees gemotiveer is, moet hy swaar gestraf word, aangesien hy ‘n weerlose vrou vermoor het. Hy het Mdluli 20 jaar tronkstraf opgelê vir die moord en 10 jaar vir die poging tot moord. Vyf van die 10 jaar sal gesamentlik uitgedien word. Mdluli sal ná 15 jaar in aanmerking kom vir parool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.