Man gevonnis vir verkragting van verstandelik gestremde man

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 31-jarige man van KwaZulu-Natal is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn verstandelik gestremde man.

“Siqwili Zama Mncube is Donderdag in die Dundee-streekshof gevonnis,” het kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag gesê. “Mncube het in April 2012 die 32-jarige slagoffer, wat in Osizweni naby Newcastle bly, in Silutshana verkrag. Die slagoffer het ʼn begrafnis in Silutshana bygewoon maar die verrigtinge is met ʼn dag vertraag.”

Mncube het aan die slagoffer blyplek vir die aand by sy huis aangebied, en die slagoffer het dit aanvaar. “Mncube het die slagoffer verkrag terwyl hy geslaap het.”

Die slagoffer was nie die volgende dag in staat om die huis te verlaat om hulp te ontbied en die verkragting aan te meld nie, hy kon dit eers die dag daarna regkry.

Volgens Zwane het mediese verslae en DNS-resultate ʼn belangrike rol gespeel om Mncube skuldig te bevind. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AF Rikinde ·

More klas . ons skuif aan , van tradisionele kleredrag af in Sandton na tradisionele ge -drag in Kwa Zulu Natal “Doctor Livingstone I presume”..Sedert David Livingstone en Morton Stanley se tyd het bittermin verander , Net nou is daar nuusdekking hiervoor . O , en die internet .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.