Man gevonnis wat donkie agter sy voertuig sleep

Marc Saunders

Marc Saunders Foto: KSAT

‘n Foto van die donkie volg onderaan die berig. Marc Saunders (31) van Texas in Amerika is Woensdag vyf jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy ʼn donkie agter sy sportnutsvoertuig aangesleep het.

Saunders is op 14 Januarie skuldig bevind nadat hy in Oktober 2012 vir die misdaad in hegtenis geneem is. Hy is al in aanhouding sedert sy inhegtenisneming.

“Dit is ʼn weerlose dier,” het staatsaanklaer Rob Freyer aan KSAT gesê. “En nou sit mens met ʼn beskuldigde wat ʼn kruising is tussen ʼn sosiopaat en ʼn moroon.”

Freyer het gesê Saunders was reeds vrygelaat in verband met ʼn opgeskorte vonnis vir die besit van metamfetamien en dat hy sy vrou geslaan het. Hy sê metamfetamien verander rasionale mense in totale idiote. Getuienis het bewys Freyer was onder die invloed van dié dwelmmiddel toe die voorval op 25 Oktober 2012 plaasgevind het.

Saunders het glo aangebied om die tweejarige donkie, genaamd Susie Q, na haar eienaars se huis te vergesel nadat die donkie afgedwaal het. Hy het Susie Q agteraan sy voertuig vasgemaak en stadig gery totdat die dier gaan staan het. Hy het toe glo die versneller getrap en die donkie agterna gesleep, berig die Houston Chronicle.

Die donkie het op haar sy geval en is erg beseer. Sy is later in ʼn sloot aangetref en was in pyn. Haar hoewe het ook gebloei.

Saunders se prokureur het aangevoer sy kliënt het nooit bedoel om die dier te beseer nie.

Susie Q se eienaars het bevestig sy het aangesterk en is nou in ʼn goeie toestand.

Intussen het Saunders glo reeds tydens sy aanhouding een van die ander gevangenes aangerand.

Dit gaan glo goed met Susie Q Foto: KSAT

Dit gaan glo goed met Susie Q Foto: KSAT

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

j.j.els ·

Ek wil vreeslik graag kommentaar lewer maar sal eerder van stilswye gebruik maak, aangesien geen woorde in enige taal, genoeg sal wees om my afkeur in hierdie afskuwelike daad, uit te druk nie.

Zet ·

Hierdie staatsaanklaer het homself 100% uitgedruk, kruising tussen ‘n sosiopaat en moroon. Dit sê alles.

Duidelik het hy geen gevoel vir mens of dier. Wonder nogal hoe sal hy voel om agter ‘n voertuig gesleep te word totdat sy hakskene bloei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.