Man gevonnis wat klip van brug af op snelweg gooi

tronkhande1-320x191ʼn Man wat ʼn klip van ʼn brug oor die N1-snelweg in Pretoria op ʼn voertuig gegooi en ʼn ongeluk veroorsaak het, is in die Pretoria-streekshof skuldig bevind op ʼn aanklag van poging tot moord, het Beeld Vrydag berig.

Alpheus Qwabe is. Donderdag tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vier jaar opgeskort is. Qwabe het die aand van 9 Mei 2010 ’n groot klip na Paulo Franzao se motor gegooi terwyl hy op die N1 onder die Kerkstraat-brug naby die Botaniese Tuin gery het.

Franzao het die ongeluk oorleef, maar sy motor het soveel skade opgedoen dat hy nie verder kon ry nie. Qwabe is daarna deur buurtwaglede vasgetrek.

’n Ander motoris is twee weke vantevore dood nadat ’n klip van dieselfde brug af sy motor getref het.

“Die beskuldigde het dit vir sy eie sadistiese plesier gedoen; om mense seer te maak,” het staatsaanklaer Ashwin Ramnarain gesê, Hy voer aan indien die klip ’n fraksie van ’n sekonde later geval het, het dit dalk nie onder Franzao se motor beland nie en was dié slagoffer dalk ook dood.

Landdros Solomon Mkhabela het bevind dat Qwabe met voorbedagte rade opgetree het en moes kon voorsien het dat hy iemand se dood kan veroorsaak. “Tog het dit hom nie gepla nie,” het Mkhabela gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sylvia ·

sit hom onder die brug sodat ander mense n klip op sy kop kan gooi dan is hy n klipkop

Van ·

Jip en al al wat hy dan te hoef se as daar iemand dood was is: Sorry ek sal nie weer nie, en hy is amper vry!

christine naude ·

kry 10 jaar, 4 jaar klaar weer opgeskort, dan kry hy weer afslag vir goeie gedrag, dan vra hy weer parool ens…….vir hoeveel jaar gaan hy REGTIG sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.