Man gevonnis wat sy bejaarde ma vermoor

‘n 27-jarige man is Vrydag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof tot 22 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy erken het hy het sy ma vermoor.

Thandaxolo Khumalo, van Verulam in KwaZulu-Natal, het erken dat hy sy ma, Thokozile Khumalo (70) in Julie met ‘n mes doodgesteek het nadat hy dronk by die huis opgedaag het. Hy het Woensdag aan die hof gesê hy was kwaad toe sy ma hom tereggewys het oor sy drinkery en haar belofte om vir hom geld te gee, teruggetrek het.

Khumalo het ‘n mes in die kombuis gaan haal en haar aangeval. Hy het haar op die vloer gelaat, waar sy gesterf het. Hy het gevlug toe hy besef wat hy gedoen het. Hy het sy bebloede klere verbrand.

Volgens die nadoodse ondersoek is sy in albei haar longe, haar lewer, gesig en bo-arm gesteek. Sy het ook kneusplekke op haar gesig gehad.

Khumalo se ma was ‘n afgetrede verpleegster wat hom en sy kind ondersteun het, aangesien Khumalo nooit gewerk het nie.

Khumalo se verdedigingspan het gesê sy skulderkentenis en die feit dat hy ‘n eerste oortreder is, moet in ag geneem word en dat dit ‘n vonnis van 15 jaar tronkstraf, die minimum vir ‘n eerste moord, regverdig. Hy is Woensdag skuldig bevind.

Waarnemende regter Enthias Xolo het egter bevind dat sy optrede ‘n swaarder straf regverdig. Hy sê die gemeenskap eis dat geweld teen vroue, bejaardes en kinders swaar gestraf moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

15 Jaar minimum vir ‘n EERSTE MOORD !!!!

DIT SKREE TEN HEMELE, hierdie regstelsel van ons is om van NAAR te raak.

Hendriette ·

Dit is regtig skokkend om te hoor. Hoeveel moorde moet jy pleeg vir lewenslank? Ek sou hom lewenslank gegee het. Hy’ nog nooit iets in sy lewe gedoen behalwe suip en op sy ma teer vir geld nie. As hy uitkom gaan hy net verder gaan met steel en moor.

Trippie ·

Hendriette, ek herhaal weer wat ek al by verskeie forums gese het, die DOODSTRAF is die enigste uitweg om van hierdie ongewensde elemente ontslae te raak.

Kaspaas Breekwater ·

Hendriette – selfs lewenslank blyk ‘n klug te wees in ons land. Baie tronke het meer geriewe as wat baie mense op straat het. Om tronk toe te gaan is lankal nie meer ‘n straf in baie mense se oë nie. Werklose bedelaars op straat is beter af in die tronk as buite, want daar kry hulle gratis verblyf en kos. Dalk is dit ‘n swaarder straf om gouer te kan uitkom, dan moet weer van voor af sukkel om te oorleef ………. of tot die volgende misdaad.

Seg Net ·

15 Jaar minimum vir ‘n EERSTE MOORD !!!! seg jy Trip. Dit kon seker nog aanvaarbaar gewees het indien dit gepaard gegaan het met harde hande arbeid soos in die jare toe tronkstraf nog die doel gedien het en ‘n straf was en nie soos vandag ‘n opvoedkundige instelling waar jy ‘n graad kan verwerf en sonder studie skuld aan die end is nie.

M.Grobler ·

Het 22jr gekry, stem Seg Net , harde hande arbeid dan kan hul sommer leer om te werk.

brampie ·

Hi siestog, 15 jaar vir eerste moord, en natuurlik na 5 jaar is hy weer op straat, arme Oscar moet lewenslank kry!!! WTF???? Die swart man wat erken hy vermoor kry ‘n ligte vonnis, die wit man wat sweer dit was ‘n ongeluk, moet lewenslank sit, hoe werk dit???

Jissis, die land is in sy moer hoor!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.