Man glo deur polisie aangehou

ʼn Man van Alberton, Gauteng beweer hy is deur polisielede van die pad getrek, in ʼn vangwa geboender en vir langer as vier uur aangehou.

LookLocal Alberton berig dat Werner van den Berg omstreeks 22:00 Vrydagaand op Voortrekkerweg van die pad getrek is. Van den Bergh sê verkeersbeamptes het hom vir sy bestuurslisensie gevra en dit in een van die polisievoertuie gaan nagaan. Die verkeersbeampte het na bewering teruggekeer en Van den Berg uit sy motor gepluk en in ʼn vangwa geboender. “Ek het probeer loskom maar dit het als so vinnig gebeur. Die verkeersbeampte het aan my geskree dat ek ʼn uitstaande boete van ʼn R1 000 het.” Van den Bergh is glo vir omtrent ʼn halfuur in die vangwa aangehou voor daar na bewering nog twee mans en ʼn bejaarde vrou in die vangwa geboender is. Van den Bergh sê twee verkeersbeamptes het vir langer as vier uur met hulle in die vangwa rondgery voor hulle by Brixton-polisiestasie afgelaai is. Volgens Van den Berg is daar aan hul gesê om in hul motors te klim en te ry. “Ek het steeds geen verduideliking gekry nie alhoewel ek die volgende saak by die polisiestasie aanhangig gemaak het.” Die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.