Man glo deur polisie doodgeskiet ná nagklub-klopjag

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) het Maandag bevestig dat hy ondersoek instel na ʼn voorval waar ʼn man in hegtenis geneem is en glo op pad na die polisiekantoor deur die polisie doodgeskiet is.

ʼn Woordvoerder van die OKD, Moses Dlamini, het bevestig dat daar vroeg Sondagoggend ʼn skietery was en dat ʼn man dood is. Intussen word daar berig dat Rean Ramdin (29) deur die polisie doodgeskiet is nadat hy gedurende ʼn klopjag by Presley’s in Boksburg in hegtenis geneem is. Volgens sy gesin was sy twee nefies by hom toe hy in hegtenis geneem is. Hulle het glo die sleutels van sy pa se bakkie by hom gevat voor hy in die vangwa gelaai is. Sy nefies het glo gehoor hoe daar skote afgevuur word op die hoek van Rietfontein en Rondebultweg onderweg na die polisiestasie. Ramdin was glo in handboeie toe hy doodgeskiet is. Die polisie het glo gesê dat Ramdin probeer ontsnap het en dat hulle waarskuwingskote afgevuur het.

Verlede week is Thato Mokoka (16) na bewering deur ʼn studente konstabel doodgeskiet nadat daar ʼn klopjag uitgevoer is by die huis waar hy gewoon het. Die 41-jarige konstabel is in hegtenis geneem en verskyn Maandag in die Roodepoort landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.