Man glo erg aangerand deur verkeersbeamptes

Deon Coetzer (52), ʼn inwoner van Middelburg in Mpumalanga, is glo erg aangerand deur ʼn groep verkeersbeamptes waarna hy vyf ure in ʼn polisiesel moes deurbring.

LookLocal Middelburg berig dat Coetzer Dinsdag in sy huis se oprit deur die verkeersbeamptes aangerand is. Coetzer het glo by sy huis aangekom maar kon nie by sy oprit indraai nie aangesien daar ʼn ander motor gestaan het wat glo deur die verkeersbeamptes afgetrek is. Volgens Coetzer is dit die soveelste keer dat dit gebeur het. Daar het glo ʼn onderonsie tussen Coetzer en die verkeersbeamptes uitgebreek waarna een van die beamptes glo Coetzer se motorsleutel gegryp en weggehardloop het. Coetzer het die beampte glo aan sy hempskraag geruk waarna die beampte hom glo met die vuis in die gesig geslaan het. ʼn Groep verkeersmanne het Coetzer glo hierna erg aangerand. Hulle het hom glo geskop en geslaan en glo ook op hom gespring. Coetzer het in April vanjaar ʼn rugoperasie ondergaan. Coetzer se vrou Jane en hul 17-jarige seun Bertus het die geraas buite gehoor, uit die huis gehardloop en gesien hoe hy aangerand word.

Jane is glo deur een van die verkeersbeamptes gedreig toe sy haar man te hulp gesnel het. Hy het glo aan haar gesê “dat sy nie die son sou sien opkom nie.” Coetzer is in hegtenis geneem en het vyf ure in ʼn sel deurgebring voor hy vrygelaat is. Hy het Woensdag in die hof verskyn op aanklag van dwarsboming van die gereg, verset en crimen injuria. Coetzer het intussen aanklagte van aanranding en diefstal teen die verkeersbeamptes aanhangig gemaak en opdrag gegee aan sy prokureur om ʼn siviele eis teen die Steve Tshwete verkeersdepartement in te stel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SANETTE HENNING ·

WAAEOM DINK VERKEERSMANNE IN MPUMALANGA HUL HET REG TOT SO IETS? IN BETHAL N RUKKIE TERUG IS N MAN DEUR VERKEERSMAN GESKIET IN ONDERONSIE EN NOOIT HOOR ONS IETS DAARVAN WEER. MPUMALANGA VERKEERSMANNE HET DIE VERSKRIKLIKSTE AROGANTE HOUDING EN NEEM REG IN HUL EIE HANDE EN KOM WEG DAARMEE BOONOP HET DIE MEESTE ONGEMERKTE MOTORS EN NET N BLOU LIG WIE MOET AFTREK IN DIE MISDAADVOLLE LAND AS SO MOTOR JOU AFTREK HUL MEEN HUL HET UNIFORMS AAN MAAR WIE SAL WEET OF DIT WERKLIK N VERKEERSBEAMPTE IS. NEE WAT DIS TYD DAT MPUMALANGA REGERING IETS DAAR AAN DOEN MNR COETZER IS MAAR NET 1 GEVAL WAT MEDIA HAAL WAT VAN AL DIE ANDER

Hannes ·

Ek sal sulke arrogansie absoluut nie duld nie!!

EK DAAG ENIGE VERKEERSBEAMPTE UIT OM SO N “EK IS BAAS” HOUDING TEENOOR MY TE KOM INNEEM…..EK SAL JOU NEK KORT TEEN JOU GAT AFBREEK!!
Waar ek woon, ken ons maar meeste van die Beamptes, as gevolg van n kleiner gemeenskap. Baie van hulle ken ek redelik meer in n persoonlike wyse, en NOOIT sal hulle so n houding teenoor ons inneem nie. Daar was wel in die verlede so twee of drie “traffic officers” wat gedink het dat die kenteken gee hulle mag bo alles wat leef, maar groot was hul telleurstelling toe hulle daarop gewys was, dat dit nie hier geduld sal word nie….2 het sommer bedank, en die ander een het deesdae die mooiste maniere???

Stuur maar daardie Mpumalanga “officers” hierheen vir “rehab”… Hierdie is PLAASWERELD papa, hier leer jy MANIERE EN RESPEK, maak nie saak wat jou velkleur, ras, of amp is nie!! Ek was al self goed oor die kole gehaal, toe ek eendag laat was vir werk. Ek was selfs na die Hoof van Verkeer se kantoor ontbied…Maar nie eens Hy het my onrespekvol behandel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.