Man glo met sambok geslaan by kitskosrestaurant

ʼn Man van Johannesburg beweer hy is met ʼn sambok geslaan by ʼn McDonalds-kitskosrestaurant nadat hy gekla het omdat sy bestelling glo te lank gevat het.

The Star berig dat Simon Moleko (25) omstreeks 4:00 Maandagoggend na die McDonalds op die hoek van Claim- en Pretoriusstraat in Hillbrow is waar hy ʼn maaltyd bestel het. “Na ʼn ruk het ek gevra om met die bestuurder te praat. Ek het aan hom gesê dat ek al ʼn lang tyd wag en dat ander mense wat na my bestel het al hul kos gekry het.” Moleko sê die bestuurder het aan hom gesê hy kan wag vir sy kos of loop. Moleko sê toe hy omdraai het hy ʼn skerp pyn aan die linkerkant van gesig gevoel. Die veiligheidswag het hom glo met ʼn sambok geslaan. “Die bestuurder het niks gesê terwyl die veiligheidswag aangehou het om my met die sambok te slaan nie.” Moleko is glo ook in die nek, oor sy rug en arms geslaan. Moleko het ʼn klag aanhangig gemaak by die Hillbrow-polisiestasie nadat hy by ʼn kliniek vir sy beserings behandel is. Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer. McDonalds sê hy ondersoek die voorval.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.