Man glo met sambreel vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is in Soul City naby Krugersdorp in hegtenis geneem nadat sy glo haar kêrel met ʼn sambreel vermoor het.

“Die polisie het ʼn wenk ontvang en Saterdag by die vrou se huis opgedaag,” het ao Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie, Maandag gesê. “Die man was reeds dood. Hy het beserings aan sy oë, neus, voorkop en arms gehad.”

Die vrou het by die huis opgedaag en gesê sy is die man se nooi. “Sy beweer sy en die man het begin stry en sy het hom uiteindelik met die sambreel gesteek,” het Sibiya gesê. Sy het hom glo ook met ʼn kastrol aangeval.

Die vrou is in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.