Man glo na dood gelok na advertensie op internet

ʼn 21-jarige man van Bellville is vermoedelik in ʼn lokval gelei, ontvoer en vermoor nadat hy op die internet geadverteer het.

Die Burger berig dat Olwyn Cowley se lyk Vrydagoggend naby Monwabisi-strand gevind is met twee skietwonde in die kop. Cowley het glo sy motor, ʼn BMW 325 ti, verlede maand op Gumtree vir R60 000 adverteer. Hy het Donderdagmiddag drie mans wat glo belanggestel het om die motor te koop by ʼn vulstasie ontmoet. Cowley is na bewering deur die mans ontvoer en vermoor. Sy BMW is later in Mitchells Plain gevind. Drie verdagtes is intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem. Cowley het glo gespaar om ingenieurswese te studeer. Hy word deur sy ma oorleef. Boodskappe van medelye het gister op Cowley se Facebook-blad ingestroom.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

audrey vasicek ·

THIS IS SHOCKING YOU CANT TRUST NOBODY THESE DAYS WHAT IS HAPPENING IN OUR WORLD TODAY SAD SAD //////////

Word_wakker_akker ·

Tyd om OLX, Gumtree en Junk Mail toe te mak en al die oop geboue en fabrieksvloere in swop meets te omskep ala California! Help die aksman en die cctv red lewens! Einde van die OLX Gumtree tv advert oorlog! Hoera

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.