Man glo onbewus hy jaag teen 172km/h

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 40-jarige man is Sondag op die N4-snelweg naby Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, vir ‘n spoedoortreding in hegtenis geneem.

“Die man het met ʼn Chrysler 300 gery,” het Busaphi Nxumalo, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag gesê.

“Hy is omstreeks 18:40 deur beamptes van die Ekangala-streekskantoor naby Bronkhorstspruit aangekeer nadat hy teen 172km/h in ʼn 120km/h-sone gery het.

Die man is na die Bronkhorstspruit-polisiestasie geneem, waar hy aangekla is van roekelose en nalatige bestuur en spoedoortreding.

Die man gaan na verwagting Maandag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn. “Die man beweer hy het nie agtergekom dat hy so vinnig gery het nie,” het Nxumalo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.