Man glo vas wat tienermeisie ontvoer, vermoor

Die polisie in Gauteng sal Donderdagoggend ʼn perskonferensie hou te midde van onbevestigde berigte dat ʼn man in hegtenis geneem is in verband met die moord op Louise de Waal.

De Waal is Woensdagoggend ontvoer terwyl sy en ‘n vriendin op pad na die Hoërskool Burger in Roodepoort was. Haar verkoolde lyk is later die middag op ‘n plaas naby Magaliesburg gekry. ‘n Man in ‘n grys Toyota Hilux bakkie het De Waal en haar vriendin voorgekeer. Hy het vir De Waal gesê om in die bakkie te klim. Toe sy geweier het, het die man ‘n vuurwapen op haar gerig en sy het in die bakkie geklim. Haar vriendin het weggehardloop. ‘n Polisiewoordvoerder, lt. kol. Tshisikawe Ndou, sê die polisie het Woensdagmiddag die verbrande lyk van ‘n jong meisie op ʼn verlate plaas in die Magaliesberge ontdek. Ndou het ook gesê dat daar in Roodekrans in Roodepoort op ʼn voertuig beslag gelê is wat glo aan die verdagte behoort. De Waal se skoolsak is ook in die voertuig gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.