Man glo vir drank vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans van Noordwes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 26-jarige man Saterdag vir drank vermoor het.

Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het in Jouberton buite Klerksdorp plaasgevind. “Die slagoffer en verdagtes het vermoedelik oor drank begin baklei. Die verdagtes het glo die slagoffer verskeie kere met ʼn skroewedraaier in sy kop gesteek,” het Makau gesê.

Nooddienste is na die toneel ontbied, maar die man was reeds dood toe hulle daar aangekom het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die twee verdagtes sal na verwagting Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marie ·

Hulle moor vir selfone, vir NIKS, vir gewere, vir….., vir……, vir……Drank help hulle net n bietjie aan. Gewoonlik dagga ook, sommer wellustigheid ook, haatdraendheid ens. ens. Wat van hierdie wat ek hier skryf, is NIE waar NIE ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.